<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?><song><lyrics>[V1]
.C   Am                 F  G    C
 O priesters, wat voor God bly staan,
.    Am              F C  G
 wanneer die sonlig ondergaan,
.C   Am              F     G    C
 wanneer die laaste straal verskiet
.  Em Am       Dm      C   G    C
 - o loof die HEER in sang en lied!

[V2]
.C  Am             F  G   C
 O hef vir ons 'n naglied aan,
.    Am                F    C    G
 wanneer ons weer van hier moet gaan;
.C    Am            F   G   C
 hef priesterlike hande en pleit,
.C  Am    Dm      C  G  C
 as alles rus in donkerheid.

[V3]
.C    Am               F  G  C
 Die HEER se seën sal met u gaan,
.   Am                F    C   G
 en ons sal biddend voor Hom staan.
.C  Am               F   G  C
 Hy wat beveel en - dit geskied,
.C   Am     Dm      C G  C
 Hy sal sy seën oor u gebied.

[V4]
.C     Am           F  G   C
 Laat, HEER, u seën op hul daal,
.  Am            F    C   G
 U guns uit Sion hul bestraal!
.C  Am                F   G  C
 U wat beveel en - dit geskied,
.C    Am       Dm      C   G  C
 wil, HEER, u seën oor hul gebied!</lyrics>
<title>Psalm 134</title>
<key>C</key>
<aka>Laat Heer U seën op hul daal</aka>
</song>